Ek het dit reeds beantwoord, maar ek herhaal ander syfers vir die ouer geslag. As jy R1 miljoen wil wegsit op die ouderdom van 55 jaar (koste en belasting weggelaat, en jy werk met 'n groeikoers van 7 % en 'n inflasiekoers van 5 %) en jy begin eers op 35 maandeliks te spaar, beloop die bedrag R1 705. Wag jy tot 40 is dit R2 945 en as jy wag totdat jy 45 is, is dit R5 520 per maand.
11 Maart 2005