Landbou
Belê ook buite die boerdery
SCHALK BURGER

Belê geld in belegginginstrumente buite die boerdery en nie alles in die boerdery nie, want indien iets met die boerdery verkeerd loop en dit word bankrot verklaar, het u niks oor nie. 'n Belegging in 'n uittredingsannuïteit mag byvoorbeeld nie aangewend word om skuld mee te delg nie — gevolglik is dit veilig.

Daar is 'n regstreekse verband tussen aftrede-bevrediging en die hoeveelheid beplanning wat daarvoor gedoen is. Vir baie boere is aftrede moeilik omdat hulle jare lank gesorg het vir die behoeftes van die boerdery. Om nou jou lewe rondom bedrywighede wat nie meer met die boerdery verband hou nie, te organiseer, is nie maklik nie. As aftrede egter as die begin van 'n nuwe lewenstyl beskou word, pleks van die einde, is die oorgang maklik.

11 Maart 2005