Landbou
Waarvoor wag jy?
SCHALK BURGER

Aftrede mag dalk konflik veroorsaak omdat dit so 'n emosionele proses kan wees. Skei tog net boerdery en familiesake, al twee is belangrik, maar dit is nie dieselfde nie. Onthou dit is die begin van u nuwe lewensfase.

Dit is dus onvermydelik en hoe meer gereeld daaroor gesels word, des te beter om te weet wanneer die aftreedatum gaan wees. Gun uself 'n luilekker, ontspanne tyd nadat u vir dekades voltyds geboer het. Geniet die laaste kwart van u lewe, maar u sal dit slegs kan verwesenlik indien u daarvoor voorsiening gemaak het. Die ironie is egter dat indien u en u vrou wonderlike gesondheid geniet, maar nie finansieel voorsiening gemaak het nie, sal u aftrede nie lekker wees nie, maar 'n pyn!

11 Maart 2005