Ja, dit sal afhang van die prosesse wat gevolg word met betrekking tot aftrede. As die nodige planne in werking gestel is, soos 'n finansiële plan, 'n boedelplan wat aftreebeplanning insluit 'n opvolgingsplan, en so aan, behoort die boerdery voort te bestaan.
Aftrede kan egter nie 'n lukrake besluit wees om sommer vandag te besluit u wil more aftree nie. Só sal die boerdery nie noodwendig oorleef nie. Dit help nie om 'n plan in u kop te hê nie dit kan die beste ter wêreld wees maar dit is nie op skrif nie!
11 Maart 2005