'n Boer behoort onafhanklik te kan aftree sonder om van die plaas se opbrengs afhanklik te wees.
Die plaas moet ná aftrede natuurlik ook in die behoeftes van die opvolger en sy gesin sorg. Die vraag moet altyd gevra word of die plaas nog ook 'n ander gesin kan dra. Ouers moet ook daarteen waak dat hulle nie die plaas só belas met hulle uitgawes, dat die kontantvloei van die boerdery onder druk kom nie. Daarom is dit nodig om onafhanklik af te tree.
11 Maart 2005