Ek het nog nooit in my lewe gehoor van 'n pensionaris of afgetredene wat te veel geld het nie. Ek het wel al baie gesien hoe afgetredenes stoei en spartel om met die minimum aan die lewe te bly wanneer hulle nie voorsiening gemaak het toe hulle moes en kon nie.
Ja, ek het al ervaar dat voormalige welgestelde boere nie meer geld het om op hul oudag te oorleef nie. Die probleem is nie om geld by afsterwe te hê nie. Die probleem is om nog te lewe en nie meer geld oor te hê nie.
11 Maart 2005