Landbou
Hoe nou met polis?
SCHALK BURGER

Die tipiese buitelandse gebalanseerde fonds se prestasie oor die afgelope 5 jaar is 3 % per jaar in dollar-terme en 1 % per jaar in rand terme (soos op 28 Februarie 2005). Ná belasting en bestuurskoste kan hierdie prestasie negatief wees in rand-terme. Die verklaring vir hierdie prestasie is eenvoudig die kombinasie van die prestasie van buitelandse bates (in Amerikaanse dollar) en die waarde van die rand teenoor die dollar.

Vir meeste langtermyn groei-beleggers maak dit sin om 'n deel van hulle portefeuljes aan buitelandse bates bloot te stel. Diversifikasie word sodoende bereik, wat lei tot 'n verlaging in die risiko, inherent in die belegger se totale beleggingsportefeulje. Die feit dat die 5 jaar-termyn vir party beleggers "tot 'n einde kom" behoort nie 'n belegger se siening oor buitelandse blootstelling te beinvloed nie, tensy die belegging nou noodgedwonge vir 'n spesifieke doel aangewend moet word. Indien nie, staan dit die belegger vry om die termyn te verleng indien dit inderdaad deel vorm van 'n langtermyn-belegging. 1 April 2005