Landbou
Wat behels finansiële analise?
SCHALK BURGER

Vraag:Ek wil graag weet wat 'n finansiële analise in 'n bemarkingsplan alles behels? - Janie (14676702@sun.ac.za)

Antwoord: Die finansiële beplanningsproses bestaan uit die volgende ses stappe:
1. Die vestiging en definiëring van 'n professionele verhouding.
2. Die inwin van data asook doelwitte.
3. 'n Analise, asook 'n evaluering van jou finansiële status.
4. Die ontwikkeling asook aanbied van finansiële beplanningsaanbevelings en/of alternatiewe opsies.
5. Die inwerkingstelling van aanbevelings rakende finansiële beplanning.
6. Die monitering van die aanbevelings van die finansiële beplanning.

Die finansiële analise is dus die komponent wat die ontleding van die inligting behels. Afhangend waarna gekyk word, sal dit gewoonlik die berekeningsgedeelte wees, m.a.w hoeveel kapitaal nodig is (huidge waarde) om bv. af te tree.

Bemarking word deur elkeen vir sy eie omstandighede bereken. Dit is moeilik om vir ander raad te gee, maar die 4 P's geld seker: Produk, prys, promosie en publisiteit. Dan hoop jy natuurlik dat een plus een drie maak.

22 April 2005