Vraag:
Ek is een van daardie ouens wie se grootste droom is om te boer. Ek het 'n plaas bekom en het laas jaar met so paar beeste begin boer - deeltyds! Ek wil nou uitbrei en begin somme maak om te kyk wat werk en wat nie. Ek maak egter nou al vir weke sommetjies en kom net nie op iets uit wat werk nie - hoe op dees aarde maak boere geld? Andries Malan - andries@homemail.co.za
Antwoord:
My voorstel is gewoonlik dat mense wat begin boer, met hul bank gaan gesels. Die meeste handelsbanke het landbou-afdelings en as jy by hulle 'n rekening het, help hulle jou nogal mooi.
Die voorstel is ook daarop gemik om die bank deel van die plan te maak, want glo my, hulle word benodig en dit is beter as hulle van die begin af deel is, al leen jy nie veel geld van hulle nie. Die bankmense weet wat werk en wat nie.
Tweedens moet die vraesteller by die naaste technikon, universiteit en koöperasie om hulp aanklop. Hierdie instansies het 'n magdom inligting en kundigheid wat 'n mens goed kan gebruik.
3 Mei 2005