Landbou
Wanneer word 'n pad 'n serwituut-pad?
BUTCH VAN BLERK

Vraag:
Ek wil graag inligting bekom oor serwituutpaaie en waterslote. Wanneer word 'n pad 'n serwituut, of 'n gebruiksreg, of wanneer verval so 'n serwituut as die pad of sloot vir 'n tydperk nie gebruik word nie? Wat van 'n motorhek op bg. paaie? - H. Meyer (peasantview@absamail.co.za)

Antwoord:
1. 'n Pad word 'n serwituutpad as die twee eienaars met 'n kontrak (notarieël) tussen hulle so ooreenkom en die kontrak dan in die aktekantoor registreer.
2. Sonder 'n kontrak kan dit ook 'n serwituutpad word as die een persoon dit openlik vir 'n tydperk van 30 jaar of langer as pad gebruik het (verkrygende verjaring). Dan kan die eienaar van die grond hom nie meer stop of sy reg van weg sluit nie.

In die eerste geval verval die serwituutpad slegs wanneer die die twee persone weer met 'n kontrak so ooreenkom.
In die tweede geval verval die serwituut weer as die geregtigde dit vir 'n periode van 30 jaar nie gebruik nie.
Die geregtigde sou wel 'n motorhek kan bou, maar dit sal van 'n aanvaarbare standaard en veilig in alle opsigte moet wees.

  • Mnr. Van Blerk is 'n regsgeleerde. Hy het hierdie antwoord op Landbou.com se gespreksforum verskaf.

    29 Julie 2005