Vraag:
Ek wil baie graag deeltyds begin boer - met die oog om voltyds te boer - maar die kapitaal laat dit glad nie toe nie en ek is ook nooit die geleentheid gebied om só iets aan te pak nie. Is daar dalk boere wat só iemand soek om in te span? - Juan Krynie (juank@skynet.co.za)
Antwoord:
Dit is bemoedigend dat daar nog mense is wat onder die huidige swak landboutoestande steeds wil begin boer. 'n Sportloopbaan sou waarskynlik baie beter betaal het al is dit van korte duur. Vra maar vir 'n paar Springbok-afrigters!
Daar is beslis baie poste op plase beskikbaar vir voornemde toetreders. Soos in enige ander beroep moet 'n mens maar onderaan die leer begin en geleidelik hoër klim. Dit help ook altyd om 'n paar vaardighede te hê. Hoe meer uniek sulke vaardighede is, hoe beter.
4 Februarie 2006