Vraag:
Ek het 'n kleinhoewe gekoop en is besig om navorsing te doen om iets daarop te bedryf wat ekonomies sal wees. Goeie inligting is egter so skaars soos hoendertande. Volgens meeste "kenners" is daar nie regtig iets om op 'n kleinhoewe ekonomies te bedryf nie. Ek stem nie saam nie. Kan julle dalk raad gee? - Wikus (wikus@venterconsulting.co.za)
Antwoord:
Ek is self baie skepties oor die lewensvatbaarheid van 'n kleinhoewe vir boerdery-doeleindes. Daar is seker moontikhede om dit lewensvatbaar te maak. Dit sal eerstens afhang van die grootte daarvan en tweedens ook oor die beskikbaarheid van water. As jy water het kan jy baie intensief met iets soos blomme of groente onder tonnels boer. As jy met diere (skape/perde) wil boer gaan jy eenvoudig nie genoeg kos self kan produseer om 'n lewensvatbare aantal vee aan te hou nie. Jy sal dus kos moet inkoop wat baie duur is. Intensiewe varke of hoenders kan dalk ook werk, maar jy gaan baie gou baie ongewild wees as jou naaste bure na aan jou bly. Plante in 'n kweekhuis is dalk jou beste opsie.
24 Februarie 2007