Vraag:
Ek wil graag in begin boer. My probleem is dat ek geen kapitaal het nie. Waar kan ek aanklop vir finansiering? - Deon Jacobs (deondjacobs@telkomsa.net)
Antwood:
Boerdery is 'n kapitaalintensiewe onderneming. Dit beteken dat daar heelwat kapitaal betrokke is by die bedryf van 'n boerdery. Dit sluit eerstens grond in en dan trekkers en implemente of aanteelvee. Daarna word daar ook nog bedryfskaitaal benodig om byvoorbeeld 'n eerste oes te kan produseer. Gevolglik is finansiering nogal 'n wesentlike probleem, selfs vir bestaande boere. Sonder 'n mate van eie kapitaal is dit dus bykans onmoontlik om op 'n lewensvatbare manier weg te spring en te begin boer.
Dit is egter nie 'n voorvereiste dat al die kapitaal onmiddelik besit moet word nie. Grond kan gehuur word en trekkers of implemente kan op kontrakbasis gebruik word. Selfs aanteelvee kan om 'n deel bekom word. Boer eers deeltyds totdat die boerdery vir jou kan sorg. Sonder sekuriteit sal iemand vir jou moet borg teken. Ja, ongelukkig is dit nie so bemoedigende antwoord nie maar dis die realiteite. Dit is baie moeilik om van niks af te begin boer sonder eie kapitaal.
Dr. Philip Theunissen, www.computus.info
19 Julie 2006