Vraag:
Ek is op soek na 'n rekenaarprogram om my te help met kudde-dokumentasie en nageslagregistrasie asook melkopbrengs per uur en dan om te help met algemene plaasbestuur en finansies. - A. Atkinson (atkinson_arthur@yahoo.co.uk)
Antwoord:
Jy kan vir Software Farm kontak by 012 365 2683 vir die diereprogramme. Met betrekking tot die finansiële program vir 'n boerdery is ek al baie verkwalik oor my mening, maar ek gaan dit maar weer sê omdat ek glo in wat ek sê. Daar is nie tans onder Windows 'n ideale landbouprogram nie. Ek sien ook nie meer die nodigheid vir een nie omdat gewone finansiële programme ten opsigte van inkomstebelasting en BTW meer betroubaar as toegewyde landbouprogramme is.
Die meeste finansiële progamme maak voorsiening dat jy jou inligting na Excel kan uitvoer so jy kan al jou landbou-ontledings in Excel doen.
Praat eers met jou boekhouer voordat jy 'n finansiële program aanskaf want die kanse is goed dat hy jou uitdrukke in die asblik gaan gooi en alles teen 'n koste gaan oordoen as jy nie 'n program met integriteit gebruik nie.
23 Mei 2007