Boere kan nou die volle voordele van die internet geniet danksy DM Technologies se innoverende TeComm. Hierdie eenheid wat op GSM-tegnologie gebaseer is, bied internettoegang teen 'n hoë spoed aan gebruikers. Geen vaste lyn is nodig nie. As jy selfoonopvangs het, kan jy dit benut.
(Kompetisie-besonderhede verskyn onder aan bladsy.)
Die TeComm-eenheid span GPRS-tegnologie in en gebruik data-uitruiling om 'n verbinding met die internet te bewerkstellig. Dit beteken dat verbruikers nie vir lang oproepkoste betaal nie, maar slegs vir die data wat afgetrek word. Daar is ook nie 'n beperking op die diensverskaffer nie en enige selfoonnetwerk kan as diensverskaffer gebruik word. Dit skakel ook internetdiensverskafferkoste uit. Die grootste voordeel van die eenheid is dat dit jou in staat stel om op enige plek in Suid-Afrika internettoegang te kry, mits daar selfoonopvangs is. TeComm is beskikbaar in serie en USB-modelle wat dit in staat stel om met enige rekenaar te kommunikeer.
Die eenheid is ook nie net beperk tot swerf op die internet nie, maar kan ook vir telemetrie aangewend word. Hierdie funksionaliteit stel jou in staat om byvoorbeeld 'n kragopwekker, spilpunt, elektriese hek, alarm, ligte en vele meer met behulp van SMS aan en af te skakel. 'n SMS sal jou ook laat weet of jou alarm byvoorbeeld geaktiveer is. Dit is ook in staat om statistiese inligting van byvoorbeeld 'n kragopwekker per SMS aan die verbruiker terug te versend.
Sou iets met outomatiese afskakeling verkeerd loop, kan só bepaal word hoeveel keer die krukas gedraai is voor 'n suksesvolle aansluiting, hoeveel ure dit geloop het en dies meer. So kan alles per SMS bestuur word. Die eenheid word net geprogrammeer om die spesifieke funksie te kan verrig na gelang van elke individu se behoefte. Selfs besproeiingstelsels kan bestuur word deur drie-fase-krag asook pompdruk en so meer te monitor.
DM Technologies verskaf sy produkte reeds 'n geruime tyd oor groot dele van Afrika asook in China en Indië. Groot maatskappye gebruik sy produkte met groot welslae.
Navrae (ook diegene wat belang stel om as agent op te tree):
Tel. 011 835 1908 of faks 011 835 2632.
E-pos: enquiry@dmtech.co.za
Webwerf: www.dmtech.co.za
Kompetisie: Wen 'n TECOMM-eenheid:
Vraag: Waarom moet jy die wenner van 'n TECOMM wees?
Skakel (011)835-1908 gedurende kantoorure met jou antwoord, of-pos jou antwoord met opskrif TeComm-kompetisie na info@dmtech.co.za.
Die kompetisie sluit op 30 November 2005 om 16:00.
15 November 2005