Landbou
Melkboere moet tweede werk kry
KEES VLOT

Kees Vlot, 'n Hollandse melkboer, is lid van die gespreksforum op landbou.com en hy verskaf vinnig inligting oor die melksituasie in dié land.

As 'n Nederlandse melkboer kry ek vir 1 liter R2,75 (December 2006). R0.18 wintertoeslag ingesluit (in die somer is dit R0.18 korting).

Ek word betaal op my eiwit, en vir vet% word ek gekort op die hoeveelheid melk wat ek in my kwotum mag lewer.

So ek vinnig sien betaal vet nou R24 en eiwit R52.

Volume premie:
0 tot 100.000 - R 0
tot 200.000 - R 0.02
tot 300.000 - R 0.065
tot 400.000 - R 0.10
tot 500.000 - R 0.15
tot 900.000 - R 0.17
alles daarbo - R 0.11

Bulkalwers verkoop gemiddeld teen R1700. 'n Goeie dragtige vers kost R10.000 (baie! verse word verkoop aan Rusland, dis hoekom die pryse is so hoog.)

Subsidie: ek es glad nie 'n ekspert op die gebied van subsidies. Dis teenwoordig 'n baie ingewikkeld verhaal. Dis ongeveer wat ek kry:

  • Ons kry 'n R0.22 melkpremie per liter melk. Hier die bedrag sal die komende jare nog bietjie hoer word. Die import/export-subsidies word die komende jare afgebouwd, en die direkte steun aan die boer word verhoog.

  • Maispremie: (Mielies) As melkboer kan jy premie kry op Mais/graan wat jy verbouw. Ek het self nie Mais nie, maar ek glo dis so R2100/ha.

  • Natuursubsidie: daar is baie subsidies vir natuurbeheer. Viral gerig om die weidevoëls te beskerm. Viral die Kieviet en Grutto. Daar is geld vir Voëlneste wat jy beskerm, gras wat jy later sny. (om die voels meer beskerming te gee), of Stro-mis wat jy op die land gooi. Gemiddeld kom dit vir my bedrijf op so R1500/ha.

  • Slag/export-premie: Daar is geld vir enige koei wat jy laat slag in Nederland. Viral bedoel om al die verpligte kostes vir Malkoeisiekte te compenseer. Ook kry jy 'n premie vir al die koeie (viral dragtige verse) wat naar buite die EU verkoop word (viral Rusland).

    Dis maar 'n klein oorsiggie van wat daar aan geld is. Jy moet net nie vergeet nie, dat jy jou wel aan die reëls moet hou. Viral die mestboekhouding (wees bly julle het dit nie!!!), en die I&R (oornummers) controleer hulle baie strikt, en 'n klein foutjie kost jou baie geld, omdat hulle jou kort in die subsidies.

    Jy kan op die foto sien dat dit Vlak, baie Vlak is hier in Holland (2.20m onder die seeniveau)

    Klik hier om die foto's van die plaas te sien. (Of klik op die Fotogalery in die linkerkantste navigasiepaneel.)

    My plaas sluit in 60 Holstein melkkoeien, 50 kalwers/verse, 40 texelaar skape, 45 ha grasland, en 400.000 Liter kwotum. Ek boer in Berkenwoude, 10 km van Rotterdam, 10 km van Gouda, en 30 km van Utrecht. Die grond is Veengrond, 2.20 onner die seeniveau.

    Op die foto's kan jy sien hoe 'n Hollandse melkery vandag, 24/01 lyk. Dis winter hier in Holland. Van Oktober tot April bly die koeie in die Stal. Skape bly buite tot hulle lam.

    Om 'n winsie te maak met melk hang heeltemaal af van jou skuldvlak. Die gemiddelde grootte is nou bykans 400.000 liter per jaar.
    Die meeste boere, wat tot 60 koeie het, bedryf 'n baan naas die plaas (hulle het 'n tweede werk). Meestal so 2/3 dae werk buite die boerdery, helaas is dit nodig. Ek self werk 2 dae by 'n loonwerker (trekker ry). Dus saamgevat moet jy buite die huis werk om jou miljoene plaas te kan volhou.

    Boere wat min skuld het, het meestal ook 'n kleine plaas, en sal nie oorleef. (Die pryse vir grond en kwotum is so BAIE gestyg dat nie-investeer jou einde beteken. En die waardestyging was meer as die rente op die bank.)

    Grond kost hier in Nederland so R 300.000/ha. en melkkwota so R12 (om 1 liter per jaar te mag produceer)

    Dus dink nog maar eens goed om melkboer in Holland te word.

  • Geskryf deur Kees Vlot op Landbou.com se gespreksforum.

    24 Januarie 2007