Landbou
Riglyne vir Jeugboerwedstryd
NICO VAN BURICK

Riglyne vir sakeplan en reëls
Die opstel van 'n weldeurdagte sakeplan is van kardinale belang en vorm die grondslag vir beoordeling deur die paneel. Aspekte waarna die beoordelaars sal kyk:
1. Begroting
2. Finansiële bestuur
3. Finansiële inligting
4. Finansiële kontrole
5. Logistieke beplanning
6. Menslike hulpbronbestuur
7. Operasionele beplanning
8. Bemarking
9. Risikobestuur
10. Organisasie en beheer
11. Winsgewendheid.

Deelnemers kan die volgende ses maklike stappe volg om die plan op te stel:
1. Identifiseer die doelwitte.
2. Ontwikkel 'n raamwerk.
3. Hersien die raamwerk.
4. Skryf die sakeplan.
5. Hersien die sakeplan.
6. Werk die sakeplan by.

'n Totale punt uit 100 sal aan elke sakeplan toegeken word.
Die inhoud kan die volgende insluit:
1. Opsomming.
2. Besigheidsomskrywing (25 punte) — soort besigheid of landbouprojek; kapitaalbehoefte en -doelwitte; bedryfsanalise; visie; missie; doelwitte; strategie; bestuursplan; eienskappe; markbehoefte.
3. Marknavorsing en aannames (25 punte) — markoorsig en -omvang; marksegment en -aandeel; groeipotensiaal; klanteprofiel; mededinging; geografiese faktore wat die mark beïnvloed; faktore wat marktoegang beperk; bemarkingstrategie.
4. Bedryfsplan (25 punte) — geriewe; indiensneming/personeelbehoefte; administratiewe behoeftes en plan; masjinerie, voertuie of toerusting; diensverskaffers.
5. Finansiële plan (25 punte) — aannames, definisies en notas; geprojekteerde kontantvloei-, balans- en inkomstestaat; gedetailleerde uiteensetting van kapitaalbehoefte; bron en aanwending van kapitaal; risiko-analise; finansiële risiko; wisselkoersrisiko se impak; rentekoersrisiko; produksie- of uitsetrisiko; prysrisiko; ander risiko's; enige ander verduidelikende notas.

Die leerder of projekgroep kan ook Absa se webwerf (www.absa.co.za) besoek vir 'n meer omvattende beskrywing. Kliek op die skakel Small Business Toolbox onder die hofie Business vir 'n meer omvattende beskrywing.

Vrywaring: Absa en Landbouweekblad of enige van hul agente of kontrakteurs aanvaar geen verantwoordelikheid van enige aard vir enige verlies wat deur enige natuurlike regspersoon gely mag word wat van die inligting in hierdie artikel gebruik maak nie. Enige persoon of instansie wat van hierdie inligting gebruik maak, doen dit uitsluitlik op eie risiko.

En natuurlik is die beoordelaars se beslissing bindend en finaal. Enigiemand wat inskryf, lê hom of haar by die wedstryd se reëls neer. Ook mag niemand wat aan Absa of Landbouweekblad verbonde is, of 'n familielid het wat daar werk, aan die wedstryd deelneem nie. Dit geld vir 'n direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Absa of Landbouweekblad, enigeen wat met die organisering van die wedstryd verbind is, 'n gade of lewensmaat, 'n ouer, broer of suster, 'n sakevennoot of 'n geassosieerde van sodanige persoon.

Alle deelnemers en wenners stel die organiseerders, hul reklame-agentskappe, adviseurs, verskaffers, benoemde agente en handelaars skadeloos teen alle eise wat hoegenaamd mag ontstaan, insluitend moedswillige wangedrag of nalatigheid of versuim van hul deelname aan hierdie wedstryd. Die organiseerders kan die wedstryd op eie diskresie om enige rede hoegenaamd afstel of verander. In geval van sodanige beëindiging doen alle deelnemers en wenners afstand van enige regte wat hulle mag hê teen die organiseerders, hul reklame-agentskappe, adviseurs, verskaffers, benoemde agente en goedgekeurde handelaars, geaffilieerdes of geassosieerde maatskappye.

  • Navrae: Nico van Burick (Landbouweekblad) by 012 420 7803 of Bankies Malan (Absa) by 011 350 6197.

    23 Maart 2007