Agri SA het met 'n reklamemaatskappy gesels om 'n totale media- en bemarkingsplan te ontwikkel om die landbou se beeld te verbeter en oor die positiewe dinge wat die landbou doen na buite te kommunikeer, skryf dié organisasie in sy jongste elektroniese nuusbrief.
"Daar is by verskeie geleenthede melding gemaak van die skewe openbare beeld van die landbou en die voortdurende ongunstige uitsprake waaraan boere en die landbou onderwerp word. 'n Gesprek met 'n reklamemaatskappy is reeds hieroor gevoer.
"Die Algemene Raad van Agri SA is versoek om spoedig met dié saak te vorder. As vertrekpunt moet navorsing gedoen word oor die openbare beeld van landbou by die verbruiker, en daarom moet dit so inklusief moontlik gedoen word, waarby die totale landbouwaardeketting betrek moet word," lui die nuusbrief.
26 Maart 2007