Landbou
Nederlandse invoerder soek SA produkte


Die oudste in- en uitvoerder van vars vrugte en groente in Nederland bemark eksklusief Suid-Afrikaanse produkte in Europa en Rusland, en hy soek nóg meer!

Hierdie onderneming, Van Namen, beklee deur 'n kombinasie van ouwêreldse vakmanskap en dinamiese entrepreneurskap vir meer as 'n eeu in 'n prominente posisie in die internasionale mark.

Die kommersiële direkteur van Royal van Namem, mnr. Rico Potter, sê deur met Europa as die teikenmark te werk, moet 'n mens die bemarkingsbeginsels toepas wat impliseer dat die kliënt koning is en dat die onderneming die regte produk betyds en teen die laagste moontlike kosprys moet lewer.

Dit is egter baie belangrik om te weet hoe die hele proses werk: Van die oes tot by die finale bestemming, volgens Potter.

"Feitlik alle ondernemings werk afsonderlik in die verskaffingsketting, sonder om werklik te weet wat volgende gaan gebeur."

  • Die produsent is nie altyd werklik bewus van die ware seevragtariewe en teikenmarkte nie.
  • Die uitvoerder is nie altyd werklik bewus van die koste ná aankoms nie.
  • Die invoerder is nie altyd werklik bewus van sy kosprys tot die seisoen geëindig het nie. Dit is baie moeilik om sonder 'n werklike kosprys die produk teen die regte prys te verkoop.

    "Ons bemark eksklusief Suid-Afrikaanse produkte, hoofsaaklik sitrus, onder verskeie eksklusiewe handelsname in Europa en Rusland. Ons grondslag is dat 'n Europese MGP (minimum gewaarborgde prys) wat gekoppel is aan 'n Suid-Afrikaanse MGP en openhartigheid aan albei kante. Ons hele samewerkende ketting is wel bewus van al die koste - vandat die bome geplant is totdat die produk drie of vier jaar later sy eindbestemming bereik.

    "By die bou van langtermyn- en eerlike besigheid is die belangrikste beginsels die bestuur van al die kostes en om seker te maak dat almal op die drie belangrikste dinge fokus, naamlik verpakking, gehalte en logistiek," sê Potter.

    In 1973 het Van Namen die gesogte Royal-titel van die Nederlandse koningin ontvang. Dit is 'n erkenning dat Van Namen deeglik ondersoek is op alle gebiede deur die koningin se persoonlike adviseurs en goedgevind is om as hofleveransier te mag dien. In die Nederlandse kultuur en tradisie van sake doen is dit die hoogs haalbare vorm van erkenning en 'n uitdaging vir elke ondernemer om te bekom.

    Drie jaar gelede het Royal van Namen geen sitrus vanuit Suid-Afrika ingevoer nie. "Ons het met 'n groep produsente begin saamwerk wat werklik toegewyd is en wat verstaan wat nodig is om suksesvol te wees. Ons kommunikasie gaan alles deur een sentrale ?spinnekop in 'n web?, sodat dit te alle tye objektief bly. Deur die jare het ons markte en kliënte vir meer as 1,3 miljoen bokse sitrus geskep. Ons ?spinnekop? kom uit Suid-Afrika en bly in Holland. Hy ken dus albei kante vir baie jare. "Ons werk as 'n span. Ons het verdedigers, middelveldspelers, 'n afrigter, 'n dokter en puntemakers. Ons speel internasionale top-liga op droë, nat, ongelyk, klein en groter velde. Dit vra dus 'n duidelike oor na wat die betalende klant wil hê. Die spreekwoord lui "Wie betaal, bepaal."

    Potter sê ná deregulasie in 1997 het Suid-Afrikaanse produsente hul eie teikenmarkte probeer bou, sonder om toegang tot he tot die kennis en ondervinding van Outspan en Unifruco . "Ons glo dat produsente hierdie besluite met moed en trots geneem het. Sonder die nodige ervaring en kennis van die uitvoerbedryf en 'n gebrek aan inligting aangaande die vinnig veranderende tekenmark, neem jy as produsent egter groot risiko?s."

  • Nadere inligting: Rico van Potter, e-pos: rico@royalvannamen.nl
    www.royalvannamen.nl

    21 April 2007