Landbou
Weet Adjunk-minister wat op plase aangaan?
JAN BEZUIDENHOUT

Die Adjunk-minister van Landbou het bedroë daarvan afgekom in 'n webpeiling op landbou.com.

Die vraag wat gestel is, lui: "Het die Adjunk-minister van Landbou 'n goeie begrip van wat op die land se plase aangaan?" Dié vraag is gevra pas nadat hy sy stellings in die Parlement oor plaasafsettings gemaak het.

Altesaam 97% van die deelnemers aan die webpeiling het "Nee" gestem, 1% het "Ja" gestem en 2% het "Weet nie" gestem. Bykans 290 mense het aan die webpeiling deelgeneem.

9 Oktober 2007