Landbou

'n Sjef in 'n restaurant in Buenos Aires. Die vleis is vir 'n Sondagmiddagete in die restaurant voorberei! Daar was twee varke en vyf skape op die spit, asook verskeie van dié beesribbes!
Soortgelyk
Kom toer saam na Argentinië
Deur JAN BEZUIDENHOUT

Kom toer saam met landbou.com na Argentinië, daardie ontluikende landbou-reus in Suid-Amerika. Reis saam vir 'n grootse ervaring: Besoek plase, reis deur die platteland, klop by 'n paar landbou-instansies aan en verken die polsende hoofstad, Buenos Aires.

Besoeke aan die Liniers-vleismark, waar tot 12 000 beeste per dag geslag word, 'n tipiese voerkraal, 'n saaiplaas en die graandepot in die Rosario-hawe, waar graan verskeep word, is by die toer ingesluit. Dié week lange toer is van 30 Maart tot 6 April 2008.

Die kersie op die koek is dat prof. Johan Willemse die toer meemaak. Johan sal as kommentator optree om toer-perspektiewe oor die landbou te verskaf.

Wat van Ma? Vat haar saam! Buenos Aires is immers 'n romantiese stad waar die tango sy oorsprong het. 'n Professionele tango-vertoning met aandete en drankies is by die toer ingesluit. Toerlede sal boonop kans kry om aan Argentynse steak te smul - soos wat jy nog nie geproe het nie! Buenos Aires is natuurlik ook 'n inkopie-paradys, veral vir leergoedere.

Twee instansies hanteer die toer namens landbou.com. Die Argentynse toer-operateur is die Suid-Afrikaans gebore Hendrik Jordaan van Laurik International in Buenos Aires. Hy gaan sorg dat die reëlings vlot verloop. Die plaaslike reisagent is Carel Melis van Bontebok Tours & Travel van Swellendam.

Stel jy belang om saam te gaan? Die volledige besonderhede oor die koste, die toerprogram en die dienste wat verskaf word, is op Laurik se webwerf, (www.laurik.com.ar) of klik hier om dit te lees. Gou spring!

16 November 2007