Royal van Namen het 135 jaar gelede tot stand gekom.
35 jaar gelede is ons bekroon met die Koninklike Status of Koninklijke Status!
Ons is innoverend en belê in jou toekoms.
Dít is duidelik uit die volgende:
Ons sien uit daarna om julle by ons stalletjie by Fruit Logistica te sien. Kom geniet ietsie te ete en te drinke - ook Suid-Afrikaanse wyne van Imbuko.
Ons sal ook ons eksklusiewe handelsmerke wat ons in Europa bemark en hoofsaaklik uit Suid-Afrika afkomstig is, ten toon stel.
Fruit Logistica, Berlyn, 2008
Saal 3.2, stalletjienommer A-08
Kom gerus na ons voorlegging:
Gesondheids- en vars produkte - van 1908 tot 2108. Die posisie van Europa
vs. ander wêreldmarkte.
Hoe kan gesondheidskonsepte in die gemeenskap van die toekoms oorleef?
Waar en wanneer: Hallen Forum, Saal 11.2, op Vrydag, 8 Februarie, 13:00 -
14:00.
Besoek ons webwerf vir meer inligting: www.royalvannamen.nl
Ons nuwe webwerf sal op 1 Februarie in die kuberruimte wees ...
Vir meer inligting, skakel Vivienne de Jong of Rico Potter by:
+31 (0) 180 692222 (EPMC).
29 Januarie 2008