Dié lam is met vier agterbene, twee geslagsdele en twee uitskeidingsorgane gebore: En die lam is springlewendig.
Mnr. Niek Malan, bestuurder van die Bossies-graansilo's van NWK naby Sannieshof, het 'n rare ondervinding gehad toe een van sy ooie geboorte gegee het aan hierdie lam (sien foto).
Niek het 'n klompie basterskape wat hy op 'n stukkie grond aanhou vir slagdoeleindes. Hy het 'n ram by iemand geleen om die ooie te dek en toe is dié lam gebore.
Dié lam is 16 November 2007 gebore met 4 agterbene, 2 geslagsdele en 2 uitskeidingsorgane. Die lam is nou 3 maande oud en springlewendig. Alle organe werk normaal en wat merkwaardig is, is dat ontlastings gelyktydig uit albei openinge plaasvind, sê Niek. Die tweede stel agterbene is egter misvorm en die lam loop nie daarmee nie.
Hy het by verskeie veeboere navraag oor die lam gedoen, maar niemand het nog so-iets gesien nie, sê Niek.
21 Februarie 2008