Landbou
Veepryse per SMS; nuus op jou selfoon


Nuus op jou selfoon
Om die jongste landbounuus op jou selfoon te lees, tik die woord landbou in 'n SMS-boodskap en stuur dit na 32424. Die SMS kos R1. Jy kry 'n boodskap terug met die woorde landbou.mobi daarin. Klik daarop om www.landbou.com se nuus-afdeling op die internet oop te maak om te lees.
Onthou net om die rooi knoppie/telefoon te druk as die nuus klaar gelees is om die internet-verbinding te verbreek. Die landbounuus op die webwerf word verskeie kere per dag bygewerk.

'n Mens kan die nuus ook lees deur www.landbou.mobi op 'n selfoon se webblaaier in te tik.

Veilingspryse van vee
Die pryse op verskeie veeveilings is op aanvraag per SMS-boodskap beskikbaar.

'n Gebruiker tik 'n SMS-boodskap met 'n spesifieke kodewoord op sy selfoon. Stuur dié boodskap na 33679. Die spesifieke veiling se pryse word outomaties na die inbeller se selfoon versend. Elke SMS-boodskap kos 'n inbeller R1,50.

Die kodewoorde is:
kroon vir die Kroonstad-veiling. Vars bygewerk, Woensdae om 12:00
frank vir die Frankfort-veiling. Vars bygewerk, Woensdae om 12:00
gouda vir die Gouda-veiling. Vars bygewerk, Woensdae om 12:00
wol vir die wolveiling. Vars bygewerk, Woensdae om 18:00
Stuur elke SMS-boodskap na 33679.
Die spesifieke veiling se pryse word daarna outomaties na die inbeller se selfoon versend. Elke SMS-boodskap kos 'n inbeller R1,50.

Alle pryse is 24 uur per dag beskikbaar.

Die aanbied van hierdie diens is net 'n poging is om pryse wat op veilings behaal word, vinnig beskikbaar te stel en nie 'n poging om markpryse te dikteer nie. Landbouweekblad aanvaar geen aanspreeklikheid vir die korrektheid van pryse nie, of vir aannames wat uit die gepubliseerde pryse gemaak word nie.

Landbouweekblad oorweeg dit om die diens uit te brei met nóg verteenwoordigende pryse van gereelde weeklikse veeveilings.
Stuur voorstelle aan: webred@landbou.com
of bel Jan Bezuidenhout by tel. 021 406 2414. Faks 086 624 7906.

28 Februarie 2008