Baie geluk aan meneer Calvyn Steyn van Sundra naby Delmas en meneer Ollie Fick van Rosendal wat die eerste twee wenners in Landbou.com se SMS-kompetisie is. Hulle wen albei een kissie De Grendel Rosé-wyn van 2007.
Nóg twee wenners sal aan die einde van April aangekondig word. Lesers moet dus nie nou ophou om daagliks 'n SMS te stuur om die jongste landbounuus in Suid-Afrika op hul selfoon te bekom nie en só 'n kans te staan om een van twee kissies landgoedwyn te wen nie.
Neem só deel: Stuur 'n SMS met die woord landbou in die boodskapveld na 32424. Die SMS kos R1. Die inbeller kry 'n SMS-boodskap terug met die woorde landbou.mobi daarin. Klik daarop om www.landbou.com se nuus-afdeling op die internet oop te maak om te lees. Onthou net om die rooi knoppie/telefoon te druk as die nuus klaar gelees is om die internet-verbinding te verbreek.
31 Maart 2008