Die laaste twee kissies De Grendel Rosé-wyn wat op landbou.com uitgeloof is, is gewen.
Die twee gelukkige wenners is mnr. Jannie Schlebusch van The Nest, in die distrik van Aliwal-Noord, en me. Hendrien Carstens van die plaas Grootvlei, Koringberg, in die Moorreesburg-distrik. Die kissies wyn word eersdaags by hulle afgelewer.
Altesame vier kissies De Grendel Rosé-wyn van 2007 was op die spel: Twee aan die einde van Maart en twee aan die einde van April.
Belangstellendes moes bloot 'n SMS met die woord landbou in die boodskapveld na 32424 stuur en landbou.com se nuusafdeling op hul selfone besoek.
Die landbounuus op die webwerf word verskeie kere per dag bygewerk en belangstellendes kan dit teen 'n minimale koste verskeie kere per dag opsoek. (Gedurende April het ek my selfoon gebruik om die nuus-afdeling te besoek. Altesaam 64 besoeke het in totaal net R2,35 gekos: Dit beloop nie eers vier sent per besoek nie.)
5 Mei 2008