Landbou
Promosie-artikel:
Royal van Namen vier 135 jaar!


Royal van Namen het 135 jaar gelede tot stand gekom.
35 jaar gelede is ons bekroon met die Koninklike Status of Koninklijke Status!
Ons is innoverend en belê in jou toekoms.
Dít is duidelik uit die volgende:

  • Ons het verlede jaar 'n ander invoermaatskappy oorgeneem om regdeur die jaar 'n groot verskeidenheid van vrugte te verseker.
  • Ons het 'n nuwe onderneming op die been gebring by ons stalletjie by Fruit Logistica, naamlik EPMC, om 'n brug te skep tussen bron/produksie, logistiek, handel, en uiteindelik die verbruiker (toegevoegde waarde).
  • Ons sal op Vrydag, 8 Februarie 2008, om 13:00, in samewerking met kundiges op die gebied van vars produkte, produksie, logistiek en bemarking en 'n voormalige lid van die Europese Unie, 'n voorlegging doen (sien titel en subtitels aan die onderkant).
  • Ons het nuwe markte, produkte en verkope geskep vir die hede en die toekoms.
  • Saam met ons produsente sal ons altyd soek vir 'n wen-wen-situasie waar al die partye op hul kernbesighede kan fokus.

    Ons sien uit daarna om julle by ons stalletjie by Fruit Logistica te sien. Kom geniet ietsie te ete en te drinke - ook Suid-Afrikaanse wyne van Imbuko.

    Ons sal ook ons eksklusiewe handelsmerke wat ons in Europa bemark en hoofsaaklik uit Suid-Afrika afkomstig is, ten toon stel.

    Fruit Logistica, Berlyn, 2008
    Saal 3.2, stalletjienommer A-08

    Kom gerus na ons voorlegging:
    Gesondheids- en vars produkte - van 1908 tot 2108. Die posisie van Europa vs. ander wêreldmarkte.
    Hoe kan gesondheidskonsepte in die gemeenskap van die toekoms oorleef?

    Waar en wanneer: Hallen Forum, Saal 11.2, op Vrydag, 8 Februarie, 13:00 - 14:00.
    Besoek ons webwerf vir meer inligting: www.royalvannamen.nl

    Ons nuwe webwerf sal op 1 Februarie in die kuberruimte wees ...

    Vir meer inligting, skakel Vivienne de Jong of Rico Potter by:
    +31 (0) 180 692222 (EPMC).

    29 Januarie 2008