Landbou
Agri-besighede presteer
Deur JAN BEZUIDENHOUT

Die bevindings van die derde prestasiemetingsopname wat PriceWaterhouseCoopers by 21 landbou-besighede gedoen het, is nou in PDF-formaat op hierdie webwerf te lese. Die winsgewendheid van landbou-besighede het verlede jaar stewig met 24% teenoor die vorige jaar gestyg.

Dit was hoofsaaklik die gevolg van verhoogde omsette en verbeterde bestuurstyle. Groter aanplantings vanweë optimisme oor verwagte hoër pryse van sleutelgewassse het tot die styging in die omsette van handelsitems (27%), onderdele (28%), implemente (43%) en graantransaksies (67%) bygedra.

Hierdie is van die bevindings van die derde PriceWaterhouseCoopers-prestasiemetingsopname wat gedurende November 2007 vir die 2007-verslagdoeningstydperke onder 21 landbou-besighede met 'n omset van R20,5 miljard gedoen is.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

Mnr. Kobie Bekker, PWC se nasionale leier van die agri-industriesektor, sê dat die opname bruikbare inligting aan landbou-besighede verskaf om hul bedryfsresultate onderling te vergelyk en hul kennis oor saketoestande uit te bou.

6 Februarie 2008