Lees die jongste landbounuus in Suid-Afrika op jou selfoon en kom in aanmerking vir vier kissies heerlike landgoedwyn.
Altesame vier kissies De Grendel Rosé-wyn van 2007 is op die spel: Twee aan die einde van Maart en twee aan die einde van April.
Landbou.com se nuusafdeling, wat verskeie kere op 'n dag met vars nuus bygewerk word, kan nou op 'n selfoon gelees word. Dis so maklik om dit te doen soos val uit 'n boom - en spotgoedkoop.
Stuur bloot 'n SMS met die woord landbou in die boodskapveld na 32424. Die SMS kos R1. Die inbeller kry 'n SMS-boodskap terug met die woorde landbou.mobi daarin. Klik daarop om www.landbou.com se nuus-afdeling op die internet oop te maak om te lees. Onthou net om die rooi knoppie/telefoon te druk as die nuus klaar gelees is om die internet-verbinding te verbreek.
Die landbounuus op die webwerf word verskeie kere per dag bygewerk en belangstellendes kan dit teen 'n minimale koste verskeie kere per dag opsoek.
Twee gelukkige wenners word op Vrydag, 28 Maart aangewys en twee wenners sal op 30 April bekend gemaak word. Landbou.com sal die wenners bel om hul adresse te kry en die De Grendel-span sal die kissies by die wenners aflewer.
3 Maart 2008