Landbou

By die denkbeeldige "begrafnis" van melkboere.
Foto: Thomas Grupp

Soortgelyk
Melkboere betoog oor prys
Deur THYS SWART

Ongeveer 5 000 melkprodusente van die Duitse melkkoper, Müller, het verlede week opgeruk na die administrasie geboue van Müller Milch om hul misnoeë met die melkprys bekend te maak.

Hoewel melkpryse reeds skerp in Duitsland gestyg het, het voer-, kunsmis- en dieselpryse soos ook hier in Suid Afrika, nóg skerper gestyg en die melkprodusente in 'n verdere krisis gedompel. Dit alles teen die agtergrond dat daar reeds wêreldwye melktekorte heers.

Indien melkprodusente nie winsgewend kan produseer nie, sal hierdie tekorte aansienlik groei en op die einde geweldige prysstygings op die winkelrakke gevolg hê.

Dr. Thomas Grupp, algemene bestuurder van Bavarian Fleckvieh Genetics in München, was gevra deur melkprodusente om voor aan die optog te loop saam met die bekende Duitse akteur Ottfried Fischer, (veral bekend vir die film "Der Bulle von Toelz"). Die protes het die vorm van 'n begrafnis aangeneem waar die melkprodusente van Müller, simbolies begrawe is voor dié melkkoper se kantore. Die "roubeklaers" wat aan die "begrafnisstoet" deelgeneem het, was almal in swart geklee. Die "begrafnisrede" is deur die akteur Otfried Fischer waargeneem, waarna verskeie ander sprekers deelgeneem het.

Klik hier vir nog 'n berig oor die optog in Duitse pers.

  • Thys Swart is verbonde aan Kykso Simmentalers.

    10 April 2008