'n Oorsig van die gebeure op die afgelope week se vleismarkte, asook 'n kykie vorentoe, deur 'n bekende veeboer.
Doelwit:
Die doelwit met hierdie kort berig is om aan veeboere 'n mening te gee wat is besig om te gebeur met veepryse en om as norm te dien wat om in die komende week en maand te verwag. Die doel is dus om bestaande inligting van verskillende bronne bymekaar te sit en te interpreteer.
Waarneming:
Die waarneming word gefokus op sleutel-veilings en abattoirs se pryse wat oor die land versprei is. Hierdie punte sal uitgebrei word - hou Landbouweekblad se webwerf en die geelbladsye dop en kry van die veilingsyfers op jou selfoon.
Verder word na ontledings en vooruitskouings soos die van AMT en ENB gekyk, die RPO se riglynpryse (Noord-Kaap, Noordwes en Limpopo) word in ag geneem en kwartaalliks word prof. Johan Willemse se werkwinkel bygewoon.
Kuruman - speenkalwers af, ongeveer R1/kg, lammers af, bok af.
Kroonstad - speenkalwers af R1/kg, slagkoeie meer af en slagbulle effe op.
Frankfort - stoorlammers effe op, slaglammers af, stoorskaap af.
Gouda - beesste, soos Kuruman en Kroonstad, en lammers effe af.
RPO - Die riglyn is sywaarts met Bees. A2 af in Noord-Kaap en C2 is op in Limpopo. Skaap sywaarts behalwe vir Noord-Kaap lam is af.
Fundamentele faktore:
Vleispryse word grootliks bepaal deur die vraag na vleis wat weer deur die besteebare inkomste van die publiek bepaal word. Speenkalf- en stoorlampryse word afgelei van die vleispryse (slagpryse) en die voerkoste (wat grootliks aan die mielieprys gekoppel is). Die aanbod van beide slagdiere en speenkalwers of stoorlammers het 'n bepaalde invloed op pryse en word hoofsaaklik deur produksie- en bemarkingsomstandighede bepaal. KantoorBoer gaan poog om 'n oog hierop te hou en verandering in die fundamenteles onder die leser se aandag te bring en so 'n geheel perspektief te bevorder.
Vraag na vleis gaan onder druk bly vir die res van die jaar as gevolg van druk op die ekonomie. Die inpak van rentekoerse, laer groei, stygende inflasiekoers en Eskom (produksie en werksekerheid), sal gevoel word in swakker of konstante vraag (nie groei nie).
In Januarie was dat daar 'n tekort aan mielies aan die einde van die ou seisoen en 'n groot oes in die nuwe seisoen. Die sentiment het beter geword vir vroeë mielies en swakker vir die nuwe oes en het die prysverskil tussen ou en nuwe mielies op SAFEX grootliks verdwyn. Huidige verhoudings beteken dat stoorlam- en speenkalfpryse onder druk sal bly omdat voerkrale nie beweegruimte het nie.
By hierdie eerste aflewering moet oor produksie waargeneem word dat:
Vooruitskouing:
Vir die volgende maand wil dit lyk of slagpryse teen die end van die maand kop sal optel as gevolg van die kort slagweek en verhoogde vraag. Speenkalf- en stoorlampryse sal sywaarts en af beweeg as gevolg van aanbod. Lammers kom heelwat in vanaf Namibië en speenkalwers se pryse word afgedwing deur hoë mieliepryse.
17 April 2008