Sal jy graag jou goue jare op 'n aftree-plasie wil deurbring? Hier is 'n blink gedagte wat ook 'n geleentheid vir boere-entrepreneurs kan wees.
Die internasionale debat oor voedselveiligheid fokus op gesondheidbestuur, van die lewende dier af, produkhantering, en tot in die bord van die verbruiker, skryf Kantoorboer.
Die onderste draaipunt van speenkalfpryse is nog nie bereik nie, skryf Kantoorboer in sy weeklikse kommentaar oor vleispryse.
Soek jy vrou? Is die lewe op die plaas te eensaam?
Skryf in vir die Boer soek 'n Vrou-kompetisie
en Landbouweekblad en kykNET sal jou help om die
romanse te laat blom.
Die laaste twee kissies De Grendel Rosé-wyn wat op landbou.com uitgeloof is, is gewen.
Lekkoste vir veeboere neem hand-oor-hand toe en die knyptang-effek van 'n ekonomie wat verstadig, asook verhoogde energiekoste, gaan veeboere tot kreatiewe aanpassings uitdaag.
Dié Argentynse boer het nie 'n sleutel vir sy opstal se voordeur nie, maar dit pla nie, al het hy nege jaar gelede uit Suid-Afrika daarheen geïmmigreer. Kyk ook na toerfoto's.
'n Oorsig van die gebeure op die afgelope week se vleismarkte, asook 'n kykie vorentoe, deur 'n bekende veeboer.
Sowat 5 000 Duitse melkprodusente het na die administrasiegebou van 'n melkkoper opgeruk om hul misnoeë met die melkprys bekend te maak.
Die boerestaking van sowat drie weke in Argentinië het gewys dat produsente kán saamstaan, sê die voorsitter van een van die vier landbou-unies in dié land.
Geluk aan menere Calvyn Steyn van Sundra en Ollie Fick van Rosendal wat die eerste twee wenners in Landbou.com se SMS-kompetisie is. Hulle wen albei een kissie De Grendel Rosé-wyn.
Lees die jongste landbounuus in Suid-Afrika op jou selfoon en kom in aanmerking vir vier kissies heerlike landgoedwyn.
Lees die jongste landbounuus op jou selfoon of vra die jongste veilingspryse van vee per SMS aan.
Dié lam is met vier agterbene, twee geslagsdele en twee uitskeidingsorgane gebore: En die lam is springlewendig.
Enkele veepryse en die jongste landbounuus -
per selfoon - is 'n nuwe diens wat Landbouweekblad
aanbied.
Die bevindings van die derde prestasiemetingsopname wat PriceWaterhouseCoopers by 21 landbou-besighede gedoen het, is nou in PDF-formaat op hierdie webwerf te lese.
Dié Hollandse vrugte-invoerder nooi Suid-Afrikaners om sy stalletjie by Fruit Logistica in Berlyn te besoek.
Beeskarkasse het in die kraal by 'n veepos gesaai gelê ná genadelose beesdiewe op die plaas Aris net suid van Windhoek toegeslaan het.
Kynoch se boek oor aangeplante weidings is beskikbaar by:
Eskom se kragonderbrekings het 'n mangoboerdery van Komatipoort tot dusver R130 000 gekos.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |