Landbou
Afrikanerbulle behaal goeie pryse


'n Hoogste prys van R27 000 is op die veiling van die Afrikanerbees-produksiegroep op Potchefstroom vir 'n bul van dr. Richter Jordaan van Bothaville betaal. Die koper was mnr. George Theron van Alfemfontein, Reddersburg.

Van die 27 bulle wat aangebied is, is 26 teen gemiddeld R17 000 stuk verkoop. Drie bulle het elk R25 000 behaal. Twee is deur mnr. Martin Ras van Hoopstad aangebied en een deur mnr. Johan Cronjé van Theunissen. Die omset op die veiling was R442 000.

Die veiling is met die samewerking van die Afrikanerbeestelersgenootskap aangebied en André Kock en Seun van Vryburg was die afslaer.

6 Desember 2002