Landbou
Daniëlsrus kry landbou-ekspo


Die Daniëlsrus Boerevereniging hou vanjaar op 25 Maart vir die eerste keer 'n landboutentoonstelling op Daniëlsrus, wat tussen Betlehem en Reitz geleë is.

Aangesien talle plattelandse dorpe nie meer landbouskoue het nie, kry verskaffers selde die geleentheid om hul werktuie te demonstreer en nuwe produkte bekend te stel. Die vereniging wil deur hierdie dag, wat 'n jaarlikse instelling sal word, boere en verskaffers weer bymekaar bring.

Uitstallers wat sal deelneem, sluit in verspreiders van trekkers, stropers en werktuie, motorhandelaars, verskaffers van saad, misstof en chemiese middels, graanhandelaars en finansiële instellings. Kosstalletjies en 'n biertuin sal ook beskikbaar wees.

Die tentoonstelling begin om 10:00.

Navrae: Mnr. Chris Helm, tel. 058 863 3003 of sel 082 928 8924.

30 Januarie 2004