Landbou
Infodag vir saaiboere


Die Swartland Kleingraan-ontwikkelingsgroep se jaarlikse voorsaai-inligtingsdag word vanjaar op Dinsdag, 16 Maart, op die Langgewens-proefplaas gehou.

Die dag se tema is "2003 se droogte — Hoe nou verder?" en die filosoof, prof. Willie Esterhuyse, tree as hoofspreker op. Sy toespraak se onderwerp is "Is die landbou nog die ruggraat van die land?".

Produksieriglyne ná 'n droë jaar sal tydens 'n groepbespreking in die soeklig kom. Kundiges en produsente uit alle produksiegebiede in die Swartland sal aan die bespreking deelneem. Volgens mnr. Gert Conradie, bestuurder van die ontwikkelingsgroep, sal daar genoeg tyd vir vrae wees.

Die dag se verrigtinge begin om 08:00. Registrasie is van 07:00. Dit kos R60 per persoon en sluit verversings en middagete in.

Navrae: Gert Conradie 022 433 2330, Lou Robertson 083 652 6615, Attie Haasbroek 083 285 3963 of Johan Truter 083 303 5328.

20 Februarie 2004