Lesers kan nou in Landbouweekblad se argiewe op die internet rondsnuffel. Dié gerief is op die tydskrif se webtuiste aangebring. Klik op "soek" in die argiewe.
Dié toegang kan veral van waarde wees vir mense wat ou artikels wil naslaan of vir diegene wat inligting vir skoleprojekte soek. Hierdie elektroniese weergawe van die argiewe bevat artikels vanaf die jaar 2000.
Vir navrae oor artikels wat vóór hierdie datum gepubliseer is, kan mev. Aletta de Vos, die bibliotekaresse, steeds gekontak word. Haar telefoonnommer is 021 406 2311.
9 April 2004