R600 miljoen. Dít is die laaste slegte skuld waarmee die Land Bank nou wil afreken voor hy weer kan uitvoering gee aan sy mandaat as ontwikkelingsbank.
Volgens mnr. Alan Mukoki, uitvoerende bestuurshoof, het in die Parlement aan die portefeuljekomitee vir landbou en grondsake gesê die bank se boekjaar 2005/06 word met 'n netto verlies van R431 miljoen afgesluit.
Hy het 'n voorlegging van die bank se strategiese plan aangebied. Daaruit blyk dat dié instellings eers teen 2008 ingevolge sy herstelplan geldelik op dreef gaan kom.
In 2003, 2004 en verlede jaar het die verlies onderskeidelik R1,3 miljard, R247 miljoen en R447 miljoen beloop.
Mukoki sê die afskryf van slegte skuld is die hoofoorsaak van die verliese. In 2002 is R1,2 miljard afgeskryf. Hoewel hulle 'n goeie herstelplan het, is dit volgens Mukoki tans moeilik om finansiering te kry weens die ongunstige prentjie van die afgelope paar jaar.
17 Maart 2006