'n Nuwe standaard is deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) vir die oprigting van netwerke vir son- en windenergie opgestel.
Talle boere is nie aan Eskom se netwerk gekoppel nie en moet dus wind- of sonenergie oorweeg om hulle van elektrisiteit te voorsien. Hierdie standaard sal hulle en ander rolspelers, soos munisipaliteite in landelike gebiede en omgewingsbeplanners, help om die regte besluite te neem.
Mnr. André Otto van DME, tegniese spesialis wat met die standaard gemoeid is, sê dit bestaan uit ses verskillende dele wat elk vir 'n bepaalde behoefte daargestel is. Dit bevat aanbevelings om die regte keuses vir die plasing, ontwerp, gebruik en onderhoud van stelsels te doen.
Navrae: Tel. 012 428 6883, faks 012 428 6928 of e-pos: sales@sabs.co.za..
21 Julie 2006