Landbou
Nuwe organisasie vir subtropiese vrugte


Die Suid-Afrikaanse Subtropiese kwekersvereniging (Subtrop), 'n nuwe oorkoepelende vereniging vir die avokado-, lietsjie-, mango- en makadamiabedryf, het by sy nuwe kantoor in Tzaneen, Limpopo, ingetrek en lewer reeds dienste aan die onderskeie bedrywe.

Mnr. Derek Donkin, vroeër bestuurder van die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging (SAAKV) en nou Subtrop se eerste hoof uitvoerende beampte, het op die avokadobemarkingsimposium in Nelspruit, Mpumalanga, gesê mnr. Stephan Crafford, vroeër die bestuurder van die Suid-Afrikaanse Mangokwekersvereniging (SAMKV), is as Subtrop se bedryfsbestuurder aangestel, terwyl mnr. Gerhard Nortjé die tegniese bestuurder is.

Subtrop se tegniese beamptes is mnre. Alister Shaw, Wouter Retief en Rory Nunes asook mee. Wilna Stones en Lebo Tladinyane, 'n student. Mnr. Richard Nelson is die oorsese verteenwoordiger wat na gehaltestandaarde omsien. Die administrasie, markinligting, finansies en opleiding word deur mee. Christa Scholtz, Lizette de Wet, Sonja van Zyl, Karen Hurn en Cathy Kruger behartig.

  • Subtrop se kantoor is in die Prosperitas-gebou, Peacestraat 27, Tzaneen. Die telefoonnommer is 015 307 3676, die faksnommer 015 307 1564 en die e-posadres saaga@saaga.co.za.

    Landbouweekblad, 24 November 2006