Landbou
Sandveld-moere: Mik hoog
JOHAN COETSEE

Die Sandveld het sy posisie as die voorste aartappel moerproduksiestreek verloor, maar beoog om weer daardie posisie terug te neem, sê mnr. Pieter Laubscher, aartappelboer en voorsitter van die Sandveldse moerkomitee.

Die Sandveld het sedert 2000 'n afname in moerproduksie beleef en die Wes-Vrystaat het sy posisie in die moermark oorgeneem.

Die moerkomitee het in November verlede jaar besin oor die toekoms van die bedryf, 'n werksessie is gehou en 'n lywige dokument het die lig gesien.

Laubscher sê die bedryf is nou op die punt waar "dinge gaan begin gebeur". Die dokument is versprei onder belanghebbendes en die moerkomitee gaan in Mei vergader om optrede te finaliseer.

Hy vra dat alle moerkwekers moet hande vat om die Sandveld weer sy regmatige posisie te laat inneem as die voorste moerkwekersteek in die land.

Landbouweekblad, 11 Mei 2007