Die Regering gryp nie grond nie, hy betaal markpryse, sê die Minister van Landbou en Grondsake. Me. Lulu Xingwana het by die oorhandiging van meer as 25 000 hektaar grond in Mpumalanga gesê dié wat nie die Regering se grondhervormingsproses glo nie, moet net die eienaars van die grond vra. "Ons betaal markverwante pryse, wat billike pryse is. Ons gryp nie grond nie."
Die groter Tenbosch-gemeenskappe van 9 700 huishoudings het op 19 Junie -presies 94 jaar nadat die Wet op Naturellegrond van 1913 in werking getree het -die grond wat hulle in 1954 verloor het, terugontvang.
Die 25 357 ha grond wat teen 'n gesamentlike prys van R825 miljoen van kommersiële boere gekoop is, het tussen R20 500 en R71 800 per hektaar (tabel) gekos.
|
Sy het weer gesê hulle gaan net vir ses maande met grondeienaars onderhandel voordat hulle gaan begin onteien.
2 Julie 2007