Landbou
Geenbewerking in kollig
Deur CHARL VAN ROOYEN

Geenbewerking is besig om vinnig veld in Suid-Afrika te wen. Die jaarlikse simposium oor dié gewasverbouingsmetode deur KwaZulu-Natal se geenbewerking-klub gaan na verwagting talle boere lok.

Die byeenkoms vind op 5 September by die Drakensville-bergoord, naby Bergville, plaas, waar mnr. Adam Mostert, Sasol se hoof van biobrandstof, die spreker sal wees. Daar sal groepbesprekings oor onderwerpe soos grondgesondheid, onkruid- en insekbestryding en werktuie wees sodat boere genoeg kans kan kry om vrae te vra.

Die provinsie se Supersoja-groep gaan ook sy byeenkoms daar hou en die wenners in sy supersoja-wedstryd aankondig.

Navrae: Me. Sandra Findlay, tel. 033 344 3535 of sel 082 472 5987, e-pos: sandrafindlay@intanet.co.za. Verblyfbespreking by die oord moet gedoen word by e-pos: LyndaP@atkv.org.za.

Landbouweekblad, 24 Augustus 2007