'n Afvaardiging van die TLU SA Noord gaan alternatiewe energiebronne ondersoek in 'n poging om so ver as moontlik meer onafhanklik te word van regeringsbeheerde energie, sê mnr. Dries Joubert, voorsitter van dié organisasie.
"In die lig van die waarskuwing dat elektrisiteit se tariewe met 18% gaan styg, moet boere nie bloot besparende aksies in werking stel nie, maar ook na alternatiewe bronne begin kyk," het Joubert gesê.
"Hoewel die TLU SA Noord reeds ver gevorder het op die pad na alternatiewe energie, het dit nou noodsaaklik geword om na ander maniere ook te kyk om energie op te wek.
"Daar is reeds ver gevorder om boere meer onafhanklik te maak van brandstof, maar die dreigende ineenstorting van volhoubare elektrisiteitsvoorsiening, die besoedeling wat elektrisiteisopwekking meebring en die groot verliese weens kabeldiefstal noodsaak boere om alternatiewe energiebronne te ondersoek," het Joubert gesê.
Landbouweekblad, 7 September 2007