Landbou
Wetenskaplikes vereer
ANDRIES GOUWS

Die Vereniging vir Veevoervervaardigers (Afma) het die gesogte Presidentstoekenning van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (SAVV) ontvang op dié organisasie se spesiale kongres wat onlangs deur sy noordelike tak aangebied is.

Verskeie ander toekennings is ook oorhandig. Die goue medalje vir navorsing is aan prof. Lindela Ndlovu van die Universiteit van Zimbabwe toegeken.

Die silwermedalje vir navorsing is aan dr. Tertius Brand van die Wes-Kaapse departement van landbou toegeken en die silwermedalje vir nywerheidsontwikkeling aan dr. Hinner Köster van Afgri.

Dr. Bernice Mostert van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Dierevoeding en -produksie het 'n bronsmedalje vir navorsing gekry asook die David Uys-trofee vir die beste wetenskaplike artikel wat in 2006 deur 'n lid van die vereniging gepubliseer is.

Dr. Langa Simela van die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente (Nerpo) het ook 'n bronsmedalje vir navorsing gekry.

Landbouweekblad, 7 September 2007