Twee onverbonde sprekers het 'n beroep op die Namibiese owerheid gedoen om meer geld vir die landbou en plattelandse ontwikkeling te bewillig.
Die Namibiese Landbou-unie (NLU) en die Lewendehawe Produsente-organisasie (LPO) wat as grootste bedryfsorganisasie by die NLU geaffilieer is, het verlede week onderskeidelik hul 61ste en 44ste kongresse in Windhoek gehou, luidens die weeklikse nuusbrief van die unie.
Die tema van die NLU kongres was "Skat die landbou na waarde" en dié van die LPO "Weidingsbestuur vir volhoubare produksie". As hoofsprekers by die NLU-kongres het opgtree adv. Vekuii Rukoro, voorsitter van die President's Economic Advisory Council en dr. Karl Rich van die Internasionale Lewendehawe Navorsingsinstituut in Nairobi, Kenia.
Beide die sprekers het daarop gewys dat die totale owerheidstoekenning aan die landbou vanuit die nasionale begroting in reële terme gedaal het. Dit is juis kommerwekkend teen die agergrond van die besluit van staatshoofde van Suidelike Afrika dat ten minste 10% van die nasionale begroting aan die landbou spandeer moet word. Volgens beide sprekers vorm die landbou die ruggraat van die Namibiese ekonomie ten opsigte van werkskepping en die produksie van primêre produkte vir verdere prosessering deur die sekondêre sektor. Die landbousektor word ook ondersteun deur infrastruktuur in die plattelandse gebiede wat in sommige gevalle teen 'n kommerwekkende spoed verval. Hier word veral verwys na paaie, water en sosiale infrastruktuur soos gesondheid.
Die vermenigvuldigingseffek van die landbou moet ook nie onderskat word nie alhoewel die bydrae van landbou tot die BBP wissel tussen 5 en 7%, veroorsaak die vermenigvuldigingseffek dat die indirekte bydrae van landbou tussen 9 en 13% is. Beide sprekers het 'n beroep op die owerheid gedoen om die landbou na waarde te skat en 'n groter bydrae vanuit die nasionale begroting aan die landbou en plattelandse ontwikkeling te allokeer.
Hy het ook daarop gewys dat die bestaande strukture van die georganiseerde landbou wat in die kommersiële sektor verteenwoordig word deur die NLU en sy affiliasies, meer as bevoeg is om die behoeftes en uitdagings van kommersiële landbou in Namibië aan te spreek. Hy sien dus geen noodsaaklikheid om nuwe strukture te skep nie. Dit is egter nodig om met kreatiwiteit aanpassings te maak gegewe die veranderende omgewing.
Punte van bekommernis, wat volgens Von Hase aangespreek behoort te word, is:
15 Oktober 2007