Landbou

Namibië trotse Jongboer van die Jaar, mnr. Wilfred Pack, en sy vrou Sonja. Hulle boer op die plaas Grünental in die omgewing van Witvlei.
Soortgelyk
Namibiese jongboer vereer
Deur ANDRIES GOUWS

Namibië se Jongboer van die Jaar is mnr. Wilfred Pack van die plaas Grünental in die omgewing van Witvlei. Die trofee is op die openingsdinee van die Namibiese Landbou-unie aan hulle oorhandig.

Met sy bekendstelling het mnr. Sakkie Coetzee, bestuurder van die NLU, gesê dié kompetisie is vier jaar gelede ingestel met die doel om 'n standaard te stel vir jong boere in die land om die toekoms van kommersiële landbou te verseker. Hoewel daar net 'n paar inskrywings per jaar gekry word, is die mededinging straf. Dit is die tweede keer dat Pack ingeskryf het en hy het gewen omdat hy ag geslaan het op die kommentaar van die beoordelaars en hul aanbevelings uitgevoer het, het hy gesê.

  • Landbouvrou van die Jaar
    Mev. Gilly Stommel is aangewys as die Landbouvrou van die Jaar vir 2007 in Namibië. Sy het in 1992 'n skool op Otjikondo begin met 230 leerders en help bestuur die St Michaels-skool met 430 kinders sedert 1995. 'n Kerk is vir die skole gebou en sy lei die eredienste op Sondae. Member of the Birtish Empire) ontvang het vir haar onbaatsugtige diens.

    17 Oktober 2007