Landbou
Oesskatting vir wintergraan


Die derde produksieskatting vir koring is 1,7 miljoen ton, wat sowat 1,5% meer is as die vorige oesskatting, aldus 'n nuusverklaring deur die Nasionale Oesskattingskomitee.

Die derde produksieskatting vir koring is 1,715 miljoen ton, wat 1,52% of 25 700 ton meer is as die 1,689 miljoen ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 2,71 t/ha teenoor 2,67 t/ha van die vorige maand, sê die Nasionale Oesskattingskomitee.

Ander gewasse:
Die produksieskatting vir moutgars is 195 910 ton, wat 4,53% of 9 300 ton minder is as die 205 210 ton van die vorige skatting. Die verwagte opbrengs beloop 2,68 t/ha.

Die verwagte kanola-oes is 33 200 ton wat 13,04% of 4 980 ton minder is as die 38 180 ton van die vorige skatting, met 'n verwagte opbrengs van 1,0 t/ha.

Die produksieskatting vir soetlupine is 11 200 ton, 5,88% of 700 ton minder as die 11 900 ton van die vorige maand. Die verwagte opbrengs is 0,80 t/ha.

Die oppervlakte- en vierde produksieskatting van wintergewasse vir 2007 en die tweede voorneme om somergewasse te plant vir 2007/'08 sal op 27 November vrygestel word.

  • Inligting is ook beskikbaar op die internet by www.sagis.org.za. 24 Oktober 2007