Landbou
Veranderings groot uitdaging
Deur CHARL VAN ROOYEN (cvanrooy@landbou.com)

Daar is 'n groot uitdaging vir alle betrokkenes in die landbou om by die veranderde bestuursomgewing aan te pas, het prof. Jan Groenewald, deeltydse professor aan die Universiteit van die Vrystaat, gesê.

Hierdie veranderings vind voortdurend plaas en is aan die versnel. Die belangrikste veranderings is waarskynlik klimaatsverandering, biobrandstof, verbruikerseise, nuwe produkte en tegnologie, regeringsaksies en ontwikkelings in buurstate.

Hy voorsien ook 'n groeiende stryd in landbouwaardekettings, gepaardgaande met groter samewerking tussen primêre produsente. Dit kan nuwe generasie koöperasies onder gevestigde kommersiële boere insluit, asook hulp aan koöperasies wat kleinboere bedien.

Groenewald het gesê wisselvalliger produksie en pryse kan ook 'n werklikheid word, wat onder meer tot meer besteding aan infrastruktuur en hoër vaste koste kan lei.

31 Oktober 2007