Die Landbouskrywers SA wys Vrydagaand sy nasionale Boer en Landboukundige van die jaar aan. Hier is die lys van provinsiale wenners wat vir die gesogte titels in aanmerking kom.
Suurlemoene sonder pitte, spog-skoudiere, duisende hektare graangewasse en aartappels en twee oud-Springbokke! Dit is Vrydagaand op die spyskaart tydens die spoggeleentheid waar die Landbouskrywers SA vanjaar se nasionale Boer en Landboukundige van die Jaar gaan aanwys.
Nege boere en nege landboukenners uit die nege provinsies van die land ding op 9 November mee om die gesogte titel van Landbouskrywers SA se Boer van die Jaar-toekenning en die Landbouskrywers SA se Landboukundige van die Jaar-toekenning. Vanjaar word 'n toekenning gemaak aan die Ontwikkelende Boer van die Jaar. Dié onthaal vind by die Birchwood-konferensiesentrum in Boksburg plaas.
Die nominasies vir die toekenning is:
Boer van die Jaar
Mnr. Karel Landman - KwaZulu-Natal.
Mnr. Paul van der Walt - Noord-Wes.
Die Malleson-gesin - Gauteng.
Dr. John Williams - Limpopo.
Rossouw-groep - Mpumalanga.
Mnr. Philip Barnard - Vrystaat.
Mnr. Willem de Waal - Wes-Kaap.
Mnr. Trevor Elliot - Oos-Kaap.
Mnr. Van der Spuy Botes - Noord-Kaap.
Landboukundige van die Jaar
Dr. Tobias Doyer - Gauteng.
Mnr. Trix Trikam - KwaZulu-Natal.
Dr. Driekie Fourie - Noordwes.
Dr. Org van Rensburg - Mpumalanga.
Dr. Francois Malan - Limpopo.
Dr. Francois Koekemoer - Vrystaat.
Mnr. Abraham Bekker - Noord-Kaap.
Dr. Mark Hardy - Wes-Kaap.
Prof. Jan Raats - Oos-Kaap.
Ontwikkelende Boer van die Jaar
Mnr. Temba Hinana, Oos-Kaap.
8 November 2007