Dr. Hinner Köster, besturende direkteur van Afgri se groepmaatskappy, Scinetec, het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde se silwer medalje vir 2007. Dr. Hinner Köster, besturende direkteur van Afgri se groepmaatskappy, Scinetec, het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde se silwer medalje vir 2007 ontvang as erkenning vir sy navorsing en voorligtingswerk ter bevordering van veekunde. Die toekenning is die hoogste in sy soort in die land.
Köster is in beheer van Scinetec, Afgri se sentrum vir wetenskaplike tegnologie, en was ook tot onlangs voorsitter van die Vereniging van Veevoervervaardigers (Afma), waar hy 'n presidentstoekenning van die Vereniging vir Veekunde ontvang het.
28 November 2007